sr1206hoofkos_3_
Resepte

Sjokolade-Brioche

(2 brode)

  • 1 kg (1 785 ml) koekmeel
  • 100 g (120 ml) strooisuiker
  • 2 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 20 g (20ml) sout
  • 12 eiers
  • 500 g ongesoute botter, in klein blokkies gesny
  • 200 g donkersjokolade, grofgekap
  • 1 eier, liggies geklits

Sjokoladesous

  • 125 ml room
  • 100 g donkersjokolade, gekap

Plaas koekmeel, suiker, gis, sout en eiers in bak van elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-Beater) en meng die beslag sowat 8 minute op matige spoed totdat dit ’n stywe deeg vorm.

Voeg botter bietjies-bietjies op ’n slag by tot alles goed gemeng is. Die beslag sal ’n gladde voorkoms hê. Plaas mengsel in bak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rus oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Keer mengsel op ’n meelbestrooide oppervlak uit en verdeel in 2. Druk deeg plat met jou hande tot sowat 1 cm dik. Sprinkel gekapte sjokolade oor en rol stewig op. Plaas in ’n broodpan van 30 x 10 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is.

Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 60 – 90 minute.Verf met geklitste eier en bak vir   25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar.

Verhit room tot kookpunt en gooi bo-oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel.

Gooi oor brood en sit voor.