Resepte

Sjokolade-en-bessiebrood-poeding

(4 porsies)

  • 10 snye witbrood
  • 45 ml appelkooskonfyt
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap
  • 125 g bessies van jou keuse
  • 2 eiergele
  • 125 ml room
  • 30 ml bruinsuiker

Verhit oond tot 180 °C. Maak 5 toebroodjies met die brood en appelkooskonfyt. Sny elkeen in 4 driehoeke. Plaas konfytbroodjies in ‘n oondvaste bak gesnyde kant na bo. Sprinkel sjokolade en bessies oor brood. Meng room en eiergele goed saam en gooi bo-oor alles. Sprinkel bruinsuiker oor en bak vir 20 – 25 minute of tot ‘n goue kors vorm. Sit warm voor met tuisgemaakte vla of dik room.