Resepte

Sjokolade-en-framboosbrood

(6 – 8 porsies)

  • 1 rolletjie-brood (‘n brood wat uit ‘n klomp rolletjies gemaak is, kyk by jou supermark se bakkery-afdeling)
  • 350 g Nutella-sjokoladesmeer
  • 250 g frambose, vars of bevrore
  • 45 ml botter
  • 50 g versiersuiker, gesif
  • sap van 2 suurlemoene

Sny brood in die middel deur sodat jy twee ronde helftes het. Verdeel sjokoladesmeer tussen die twee helftes en smeer dit op die gesnyde kante. Pak ⅔ van frambose op een helfte. Sit tweede helfte bo-op en druk stewig vas.Smeer botter aan weerskante van die brood. Verhit ‘n braaipan tot warm. Plaas brood in pan met ‘n bakplaat bo-op.Druk stewig vas terwyl die brood vir sowat 5 – 8 minute braai of tot dit begin verbruin. Braai brood aan ander kant ook tot goudbruin. Meng versiersuiker en suurlemoensap tot ‘n gladde mengsel – voeg water by indien nodig. Plaas warm brood op ‘n bord en gooi versiersel oor. Sprinkel oorblywende frambose oor. Sit voor met kruisement.

wenk

As jy nie so ‘n rolletjie-brood kry nie, kan jy enige ander sagte witbrood of croissants gebruik.