sr1112kos_12_
Resepte

Sjokolade-fondant

(6 – 8 porsies)

  • 250 g donkersjokolade, grofgekap
  • 200 g botter
  • 5 eiers
  • 50 g koekmeel
  • 150 g versiersuiker, gesif

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter en sjokolade saam in glasbak oor pot met kookwater. Roer tot gladde mengsel. Verwyder van hitte en roer eiers een vir een by. Klits goed ná elke byvoeging. Voeg meel en versiersuiker by en meng goed. Spuit 8 oondvaste koppies met ’n volume van 125 ml met kleefwerende kossproei. Verdeel mengsel tussen koppies. Plaas in yskas vir 20 minute. Bak vir 20 – 25 minute of tot buiterand gestol is maar binnekant nog loperig. Haal uit oond en laat vir 5 minute afkoel. Keer uit op opdienborde en sit voor met roomys van jou keuse.