Resepte

Sjokolade-harte

(2 groot harte)

  • 1 vel 400 g blaardeeg
  • 1 eier, geklits
  • sowat 100g sjokoladesplinters
  • 15 ml strooisuiker
  • versiersuiker om te sif
  • vars bessies van jou keuse om daarmee saam voor te sit

Sny die blaardeeg in twee groot harte. Plaas die deegharte op ’n gesmeerde bakplaat. Verf met die geklitste eier. Sprinkel eers die strooisuiker oor die harte en dan die sjokolade-splinters. Bak in ’n warm oond teen 200°C vir 20 – 30 minute. Laat afkoel en sif die versiersuiker oor. Bedien met geklopte room en bessies van jou keuse.