Resepte

Sjokolade-karameltert

(8 – 10 porsies)

  • 200 g marie-koekies
  • 100 g botter, gesmelt
  • 10 ml karamelgeursel

Vir die Vulsel

  • 1 x 360 g-blik karamel-kondensmelk
  • 200 g donkersjokolade, grofgekap
  • 180 ml room
  • 40 g botter

Maak koekies in ’n voedselverwerker fyn. Voeg botter en geursel by en meng tot die tekstuur van klam seesand. Voer ’n tertpan van 30 cm met mengsel uit en laat stol in yskas. Roer kondensmelk tot glad en skep onderin kors. Plaas sjokolade, room en botter in glasbak. Smelt oor pot met kookwater, roer tot
glad en gooi in kors bo-oor sjokolade. Plaas vir sowat 2 – 4 uur in yskas tot gestol. Sit voor.