Resepte

Sjokolade-koekies

20 koekies

  • 120 g donkersjokolade (verkieslik 70%), gekap
  • 110 g sagte, ongesoute botter
  • 148 g (185 ml) bruinsuiker
  • 1 eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 62 ml kakao
  • 5 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 280 g donkersjokolade (verkieslik 70%), in groot stukke gekap

   
Verhit oond tot 160 °C. Plaas 120 g sjokolade in ’n glas- of metaalbak. Plaas bak oor ’n kastrol met warm water. Roer sjokolade nou en dan totdat dit gesmelt is. Hou eenkant.

Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eier en vanielje by en klits goed. Sif meel, kakao, koeksoda en sout saam. Voeg gesifte bestanddele en gesmelte sjokolade by bottermengsel. Meng goed en voeg res van gekapte sjokolade by.

Voer bakplate uit met bakpapier wat goed gesmeer is. Skep teelepels vol van mengsel op bakplaat. Los genoeg spasie tussen die koekies, want hulle gaan plat uitrys. Ek bak so 6 koekies op ’n slag. Bak vir 10 – 12 minute totdat koekies bo-op effens begin kraak. Laat vir so 5 minute op die bakplaat afkoel voor jy dit op die afkoelrak sit.

  • Surina

    Kan nie wag nie – het al van nommer 1 – 6, so hier kom die volgende ene… Jippieeeeee!

    Dankie Sarie, julle gee my nog meer rede om lekker kos te maak!