Resepte

Sjokolade-risotto

(6 porsies)

  • 150 ml suiker
  • knippie sout
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 50 g melksjokolade, fyngekap
  • 180 ml room
  • 250 ml melk
  • 500 ml water
  • 2 eetlepels ongesoute botter
  • 250 ml Arborio-rys
  • 1 vanieljepeul, sade uitgekrap

Meng die suiker en sout saam in ’n klein bakkie. Meng die 2 soorte sjokolade saam in ’n bak en verhit die room. Gooi die helfte van die warm room oor die sjokolade. Laat staan vir ’n minuut of twee, en roer tot glad. Voeg die res van die warm room stadig by. Verhit die melk en water in afsonderlike potjies. Wanneer albei baie warm is, sit die plaat af, maak toe met ’n deksel en hou warm bo-op die stoof. Smelt die ongesoute botter in ’n groot pan. Gooi die Arborio-rys by en meng goed. Voeg die warm melk bietjie vir bietjie by (ek gebruik ’n groot sop-opskeplepel). Roer goed ná elke byvoeging. Voeg dan die warm water bietjie vir bietjie by. Toets die rys wanneer ’n halwe koppie water oorbly. (Dit gaan na niks proe nie. Jy toets net of die rys al gaar en sag is.) Voeg die res van die water by indien nodig. Voeg die mengsel van suiker en sout by en roer goed deur. Voeg die vanieljesade by en roer goed deur. Verlaag die hitte en voeg die sjokolade-room-mengsel by en roer goed deur. Sit warm voor.