Resepte

Sjokolade-roosterbrood

(4 porsies)

• 8 snye witbrood
• 30 ml botter
• sjokolade-haselneutsmeer (Nutella)
• 4 eiers
• 45 ml olyfolie
• 100 g gevlokte amandels
• 125 g frambose
• 45 ml versiersuiker
• 100 ml heuning

Smeer brood aan een kant met botter. Verdeel sjokoladehaselneutsmeer tussen 4 snye brood en plaas ander 4 snye botterkant na onder bo-op dié met sjokoladesmeer. Klits eiers liggies in ’n mengbak. Verhit olie in ’n mediumgroot braaipan. Doop brood in eier tot heeltemal bedek en plaas in warm pan. Braai sowat 1 minuut per kant of tot goudbruin weerskante. Plaas op bord en sprinkel amandels, frambose en versiersuiker oor. Sit voor met heuning.