sk09010muffins03x
Resepte

Sjokolade-splinter-brood-en-botter-muffins

Dis nou werklik een van die lekkerste en maklikste muffins, veral heerlik as dit nog effens warm is.

6 groot muffins

  • 1 groot Franse brood (sowat 60 cm lank)
  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • 4 eiers, geklits
  • 130 g (160 ml) suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 90 ml botter, gesmelt en afgekoel
  • 45 g (80 ml) koekmeel
  • 2 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 250 ml sjokoladesplinters (chocolate chips)

Verhit oond tot 180 °C. Voer muffinpanne uit met bakpapier. Sny Franse brood in blokkies. Plaas broodblokkies in ’n groot mengbak en gooi room en melk oor. Laat staan vir 20 minute. Voeg geklitste eiers, suiker, vanieljegeursel en gesmelte botter by. Meng goed deur. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n aparte bak. Voeg sjokolade-splinters by meel. Voeg meelmengsel by broodmengsel en meng. Verdeel mengsel tussen muffinpanne. Plaas op ’n bakplaat en bak vir 25 – 30 minute. Toets met ’n dun pennetjie of die middel van die muffins droog is. Haal uit en laat afkoel.