Resepte

Sjokolade splinterkoekies

(16 groot koekies)

  • 220 g (240 ml) botter
  • 260 g (325 ml) bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 340 g (950 ml) hawermout
  • 220 g (380 ml) koekmeel
  • 200 g donkersjokolade, in growwe splinters gekap
  • 5 ml sout

Verhit oond tot 160 °C. Room botter en bruinsuiker met ‘n elektriese menger tot lig en romerig. Breek eiers een vir een by en meng goed. Vou die res van die bestanddele om die beurt by en meng goed. Gebruik ‘n roomyslepel en skep balle vol van die beslag op gesmeerde bakplate. Druk met jou palm plat tot 1 cm dik. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en geniet saam met ‘n glas yskoue melk.

  • Hilmari Siewertsen

    absoluut HEERLIK, ek het hul herdoop na Trekkerkoekies (kinders werk op plaas en dit is ideaal vir in die sakke druk voor hul op die trekkers klim!

  • Sorina Mulke

    Pluimpie vir die fantasties resepte op die webwerf! Baie handig vir vandag se gejaagde leefstyl.