sr1107hoofkos_8_
Resepte

Sjokoladesous-poeding

(6 – 8 porsies)

  • 180 g (325 ml) bruismeel
  • 45 ml kakao
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 200 ml melk
  • 60 ml botter, gesmelt

Stroop

  • 125 ml suiker
  • 500 ml water
  • 125 ml kakao

Verhit oond tot 180 °C. Meng bruismeel, kakao, suiker,melk en gesmelte botter saam tot gladde beslag.
Bring res van suiker,water en kakao tot kookpunt. Skep beslag in ’n oondvaste bak met ’n volume van 1 liter. Gooi warm stroop oor en plaas in oond. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Sit warm voor.