sr1101kos_6_
Resepte

Skons met room en konfyt

4 porsies

• 75 g koue botter, in blokkies gesny
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 50 g (60 ml) strooisuiker
• 10 ml bakpoeier
• 2 eiers apart, elkeen liggies geklits
• 5 ml vanieljegeursel
• 120 ml melk
• 250 ml room, geklop tot sagte punte vorm
• tuisgemaakte aarbeikonfyt

Verhit oond tot 180 °C. Sit botter,meel, suiker en bakpoeier in ‘n middelslagmengbak. Vryf alles saam met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Meng een eier, vanielje en melk. Voeg by droë mengsel en meng liggies tot deeg vorm. Sprinkel meel op werkoppervlak en keer deeg uit. Druk plat met vingerpunte tot sowat 4 cm dik. Gebruik nou ‘n koekiedrukker met ‘n deursnee van 7 cm en druk sirkels uit. Sit op bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en verf sirkels met oorblywende eier. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Sit voor met sagte room en konfyt.