Resepte

Slaai met gebraaide spanspek en ham

(8 –10 porsies)

•     30 ml olyfolie
•     1 groot spanspek, pitte verwyder en in skywe gesny
•     60 g roketblare
•     70 g (10 repies) parma-ham
•     250 g vars mozzarella (bocconcini)
•     125 g winkel-basiliekruidpesto
•     hand vol vars basiliekruid
•     sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit riffelpan tot vuurwarm – die rook moet letterlik daaruit draai. Sprinkel olyfolie oor spanspek.

Sit skywe in warm pan en braai 
5 – 8 minute per kant of tot goudbruin.

Plaas op opdienbord. Sprinkel roketblare oor. Pak ham tussenin. Breek mozzarella-balle in kleiner stukke en plaas ook op bord.

Skep pesto oor en sprinkel vars basiliekruidblare bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.