sk1007peter5
Resepte

Smoorsnoek

(6 – 8 porsies)

  • 15 ml olie
  • 15 ml botter
  • 500 g aartappels, byna gaargekook, geskil en in blokkies gesny
  • gerasperde neutmuskaat na smaak
  • 2 groot uie, oorlangs gehalveer, skille afgetrek en in dun skywe gesny
  • 2 vet knoffelhuisies, gekneus, geskil en fyngemaak
  • 1 kg liggerookte snoek, gepluis en grate verwyder
  • 15 ml tamatiepuree (nie tamatiepasta nie)
  • 125 ml droë vermoet of droë witwyn
  • 30 ml fyngekapte vars dille
  • 15 ml vinkelsaad saam met
  • 6 lourierblare, in ‘n speserymeul fyngemaal
  • 1 rooi brandrissie, gehalveer, pitte en wit dele verwyder en gesnipper
  • sout en varsgemaalde witpeper
  • gerasperde skil en sap van 1 – 2 suurlemoene

Verhit olie en botter in ‘n groot pan. Voeg aartappels by en skudbraai totdat dit goudbruin en bros is. Geur met neutmuskaat. Voeg uie en knoffel by en roerbraai totdat uie sag en deurskynend is, maar nie bruin nie. Voeg die snoek, tamatiepuree en vermoet by, meng deur en prut totdat die snoek deurwarm is. Strooi dille, vinkel-en-lourierblaar-mengsel en brandrissie oor, meng deur, proe en geur versigtig met sout en peper. Geur net voor etenstyd met suurlemoensap en skil. Sit voor met ekstra suurlemoenwiggies.