sr1009bistro11
Resepte

Só posjeer jy . . . ‘n eier

  1. Gebruik altyd vars eiers – dis die geheim om eiers suksesvol te posjeer. (Jy kan kyk na die vervaldatum op die boks.) Breek nou die eier in ‘n vlak bakkie of koppie.
  2. Bring ‘n pot met water tot kookpunt – nie te veel nie, net genoeg om die eier te bedek. Dis belangrik dat die water net stadig prut en nie kook nie. Voeg sowat 30 ml asyn by. Gooi die eier met een beweging in die pot en laat stadig posjeer vir sowat 5 minute.
  3. Verwyder uit die water met ‘n gaatjieslepel om alle water te dreineer. Sit voor vir ontbyt saam met roosterbrood en slaai of saam met die croque-madame.