Resepte

Soet klein rape

  • 16 klein rape
  • 30 ml botter
  • 60 ml bruinsuiker
  • 125 ml gekapte pietersielie
  • 2 ml sout

Bring water tot kookpunt in ’n kastrol en kook die rape daarin tot net sag (dit duur so 10 minute). Dreineer. Sit die rape in ’n oondbak. Smelt die botter en voeg die bruinsuiker by. Gooi die botter-suikermengsel oor die rape en strooi die pietersielie oor. Geur met sout. Plaas in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 20 minute sodat dit geglasuur word. Sit warm voor.