Resepte

Soet worteltjies

  • 700 g heel wortels
  • 3 eetlepels bruinsuiker
  • 100 g botter
  • sout na smaak

Dompel die wortels in kookwater en kook vir 5 minute. Smelt die botter saam met die bruinsuiker. Die suiker sal nie heeltemal smelt nie en dit gaan lyk of die botter en suiker skei. Hou net aan met roer en bring tot kookpunt. Kook die mengsel vir so 5 – 10 minute tot dit ’n karamelsous vorm. Voeg die wortels by en roer goed. Jy moet seker maak die worteltjies word goed bedek met die karamel. Kook stadig vir nog 10 minute en geur met sout.