sr1107hoofkos_5_
Resepte

Soort-van-broodpoeding

(6 porsies)

• 250 ml melk
• 250 ml room
• 200 g (250 ml) strooisuiker
• 5 ml vanieljegeursel
• 100 g (sowat 6 snye) vars witbrood-krummels
• 4 eiers, geskei
• 150 g aarbeikonfyt

Verhit oond tot 180 °C. Bring melk, room, 100 g strooisuiker en vanieljegeursel tot kookpunt. Voeg broodkrummels by en laat stadig prut vir 5 minute.Haal van plaat af en klits eiergele een vir een by. Verdeel mengsel tussen 6 koppies met ’n volume van sowat 125 ml elk. Plaas op bakplaat en bak vir 20 – 25 minute of tot dit gestol is en begin verbruin. Haal uit oond en verdeel aarbeikonfyt tussen die koppies. Klits eierwitte met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm.Voeg res van strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Skep lepels vol van die meringue bo-op die aarbeikonfyt. Plaas terug in die oond en bak verder tot meringue goudbruin verkleur, sowat 10 minute. Sit warm voor.