sarie047
Resepte

Soort van ’n ratatouille met spaghetti

(genoeg vir 4)

  • 2 eiervrugte
  • 20 ml olyfolie
  • 4 murgpampoentjies, in skywe gesny
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sowat 15 ml water
  • 1 pak (500 g) spaghetti
  • 100 g pecorino-kaas of parmesaan-kaas

Sny eiervrugte in klein blokkies en plaas

in groot bak met water. Verhit olyfolie in

’n diep pan. Voeg eiervrug by en braai vir

sowat 5 minute. Voeg murgpampoentjies

en tamaties by. Geur met sout en peper.

Voeg knoffel by en braai tot groente sag

en gaar is. As die groente vir jou te droog

lyk kan jy die 15 ml water byvoeg. Kook

pasta volgens aanwysings op pak en

dreineer. Meng groente deur die pasta

en sit voor met gerasperde kaas.