sk0909wraps07x
Resepte

Soortvan-Caesar-slaai-tortilla

4 porsies

  • 250 g repiespek(streaky bacon)
  • 250 ml sonneblomolie
  • 4 won ton-deegvelle (opsioneel)
  • 4 tortillas
  • 4 hande vol baba-spinasieblare
  • 4 hardgekookte eiers,in skywe gesny

Jogurt-sous

  • 250 ml Bulgaarsejogurt
  • 4 sprietuie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Plaas spek op ’n bakplaat en rooster tot bros. As jy die won ton-deegvelle gebruik, verhit die sonneblomolie in ’n klein kastrol. Braai velle tot bros en dreineer op kombuispapier. Breek in stukke. Verhit die tortillas. Plaas vars spinasie, dan die spek, gebraaide won ton-stukke en skywe eier bo-op. Meng al die bestanddele vir die jogurt-sous. Skep van die sous oor en rol toe.

Om te drink
Wees avontuurlustig en geniet ’n minder bekende wit kultivar, soos Boland Kelder Nouvelle of Van Loveren Pinot Gris.