sk1007bone4
Resepte

Sousbone – die bygereg

• 500 g droë botterbone
• 50 ml suiker
• 100 ml asyn
• 45 ml botter
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas bone in bak en bedek met koue water. Laat week oornag. Dreineer en gooi in kastrol. Bedek met water en bring tot kookpunt. Laat kook tot sag en die meeste van die water byna weggekook is. Druk van die bone effens fyn en voeg res van bestanddele by. Geur met sout en peper. Proe en voeg nog asyn en suiker na smaak by indien nodig. Sit warm voor.