sr1106kos_11_
Resepte

Spek-en-kaas-potbrood met konfyt

(10 – 12 porsies)

  • 800 ml louwarm water
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 10 g sout
  • 45 ml heuning
  • 45 ml olyfolie
  • 1 kg (1 785 ml) koekmeel
  • 250 g spek, fyngekap
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Verhit oond tot 220 °C. Meng water, gis, sout, heuning en olyfolie in ’n middelslag-mengbak. Voeg genoeg koekmeel by om ’n stywe, kniebare deeg te vorm.Knie deeg vir 8 – 10 minute of tot gladde, stywe deeg. Sit deeg in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 – 45 minute. Smeer oondvaste swartpot goed met sonneblomolie.Knie deeg af en vorm in ronde bal. Sit in pot en druk effens plat. Strooi spek en parmesaankaas bo-oor. Laat rys weer tot dubbel die volume op ’n warm plek, sowat 20 – 30 minute. Sit in warm oond en bak vir 30 – 40 minute
of tot goudbruin en gaar. Sit voor met tuisgemaakte konfyt, plaasbotter en kaas.

  • Stacey – Lara

    Kyk na die lekker resep

  • Quinton

    Lyk lekker

  • quinton

    Komentaar