Resepte

Spekbroodjies met sagte eier

(4 porsies)

• 8 snye brood
• 60 ml botter
• 250 g spekrepies
• 8 eiers
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C.Smeer brood met botter en maak 4 toebroodjies. Sny elke broodjie in 4 reghoeke en draai toe in spek. Plaas op bakplaat en bak in warm oond vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros.Terwyl broodjies bak, kook eiers só: Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Sit heel eiers in water en kook vir 5 minute vir sag of langer soos jy verkies. Sit warm eiers voor met broodjies. Geur goed
met sout en swartpeper.

Wenk: Jy kan ook stukke cheddar-kaas saam met die broodjie toedraai in die spek.