sarie_007
Resepte

Spinasie-tertjies

  • 2 velle (400 g elk) blaardeeg
  • 400 g vars spinasie
  • 30 ml botter
  • 1 medium ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g fetakaas, gekrummel
  • 1 eier, geklits
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Voer 6 gesmeerde quiche-pannetjies (10 cm elk) met blaardeeg uit. Dompel spinasie in kookwater vir sowat 5 minute tot sag. Dreineer en druk water uit. Kap fyn in voedselverwerker. Smelt botter in ‘n pan en voeg ui en knoffel by. Braai tot sag en deurskynend. Voeg spinasie by en braai vir sowat 1 minuut. Laat effens afkoel. Voeg fetakaas en eier by. Geur met swartpeper. Skep vulsel in uitgevoerde pannetjies. Bak vir sowat 40 minute.