Resepte

Spiraalkoekies

(16 – 20 koekies)

  • 185 g botter
  • 250 ml (210 g) strooisuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 1 heel eier
  • 1 eiergeel
  • 350 g (625 ml) koekmeel
  • 45 ml kakaopoeier

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en vanielje met ‘n elektriese menger tot lig en romerig in ‘n mediumgroot mengbak. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng tot ‘n sagte koekiedeeg.Verdeel mengsel in twee gelyke dele en meng kakao by een helfte.Draai elke helfte toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkoppervlak. Rol koue deeg elkeen afsonderlik met ‘n koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Plaas kakao-vel op vanielje-vel en sny met ‘n skerp mes in ‘n netjiese reghoek van sowat 25 x 15 cm. Rol stewig op in ‘n ronde wors. Draai toe in kleefplastiek en vries oornag. Sny in skywe met ’n skerp mes. Sit op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en bak vir 12 – 15
minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

  • roderick wentzel 0218873829

    kan hulle vir my koek resep stuur asb dank