Resepte

Spruitkool met spek & gerasperde tamatie

  • 800 g spruitkool
  • 250 g strepiespek, in klein blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 2 tamaties, fyngekap

Stoom of kook die spruitkool sag, maar nog effens bros. Smelt die botter en olyfolie saam in ’n pan. Braai die uie en spek sommer terselfdertyd saam tot die spek bros is. Voeg die fyngekapte tamaties by en laat kook vir 10 minute. Voeg die spruitkool by, meng goed en sit voor.