sk1010.6uur2
Resepte

Steak-kebabs

(4 – 6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 30 ml rooiwynasyn
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml korrelmosterd
  • 2 brandrissies, gekap
  • 600 g kruisskyf (rump steak), in repies gesny
  • 8 – 12 kebabstokkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 tortillas, gaargemaak volgens aanwysings op die pak
  • 250 ml jogurt
  • hand vol roketblare

Meng olyfolie, asyn, knoffel, mosterd en brandrissie in ‘n klein mengbak vir marinade. Ryg repies steak op kebabstokkies. Gooi marinade oor en laat staan vir 10 minute. Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm – die rook moet letterlik daaruit trek. Braai kebabs vir sowat 3 minute per kant vir mediumgaar of langer soos jy verkies. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met gebraaide tortillas, lepels vol jogurt en roketblare.