sr1006vis.garnale
Resepte

Steurgarnaal-kebabs met sitroengras-en-rissie-botter

6 kebabs

• 24 steurgarnale, doppe verwyder
• 6 bamboes-kebabstokkies, geweek in water
• 60 ml botter, saggemaak
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 15 ml vars gemmer, gerasper
• 1 sitroengras-stingel, fyngerasper (of gerasperde skil van 1 suurlemoen)
• 1 rooi brandrissie, saadjies verwyder, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Ryg 4 steurgarnale elk op die bamboes-kebabstokkies. Meng die res van die bestanddele tot ‘n geurige botter. Verf elke kebab met die sagte botter en braai oor warm kole, sowat 5 minute per kant. Andersins kan jy hulle ook in ‘n warm pan braai. Verf nog van die botter oor terwyl dit braai. Sit warm voor met die oorblywende botter. Geur goed met sout en swartpeper.