sk0909wraps05x
Resepte

Steurgarnaalslaai tortilla

2 porsies

  • 12 steurgarnale
  • 15 ml botter
  • 15 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 tortillas
  • 60 ml mayonnaise
  • hand vol vars roket
  • 2 vars dille-takkies

Verwyder doppe van steur-garnale en maak garnale skoon. Smelt botter in ’n pan en braai steurgarnale tot pienk, dan weet jy dis gaar. Haal uit pan en geur met suurlemoensap, sout en swartpeper. Verhit tortillas. Meng steurgarnale met helfte van mayonnaise. Smeer res van mayonnaise op tortillas. Plaas vars roket in middel van elke tortilla en skep steurgarnale bo-op. Rol toe en garneer met vars dille.

Om te drink
Vrugtige chenin blanc, soos Simonsig s’n.