Resepte

Sticky hoendervlerkies

  • 12 hoendervlerkies
  • 200 ml tamatiesous
  • 150 ml Worcestersous
  • 100ml sojasous
  • 100 ml blatjang
  • 15ml mayonnaise
  • 2 huisies knoffel, fyngedruk

Meng alle bestanddele saam en roer goed – dit sal soos sjokoladesous lyk. Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die hoendervlerkies in ’n oondbak en gooi die marinade oor. Sit in die oond vir ongeveer 45 minute en draai die vlerkies nou en dan om.