Resepte

Suurlemoen-kaaskoekblokkies

(12 blokke)

  • 250 g volgraankoekies (digestive biscuits)
  • 180 g Stork Baking Margarine, gesmelt
  • 280 g ricotta-kaas
  • 230 g roomkaas
  • 110 g strooisuiker
  • 15 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 3 eiers
  • versiersuiker om oor te sif

1. Verhit jou oond tot 160 °C. Maak die koekies fyn in jou voedselverwerker. Voeg die gesmelte Stork Baking Margarine by en meng goed.

2. Voer ’n 30 x 20 cm bakplaat met bakpapier. Druk die fyn koekiemengsel in die bakplaat. Plaas die ricotta-kaas, roomkaas, strooisuiker en gerasperde suurlemoenskil in ’n mengbak of voedselverwerker. Meng goed. Voeg die eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging.

3. Gooi die mengsel bo-op die koekiekors en plaas in die warm oond. Bak vir 35 – 40 minute tot gestol. Laat afkoel en sny in sowat 12 blokkies. Sif ’n klein bietjie versiersuiker oor net voor jy dit bedien.