sr0907kaalkop01
Resepte

Suurlemoenkoek

  • 250 ml strooisuiker
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 60 ml botter, saggemaak
  • 3 eiers
  • 375 ml bruismeel
  • 15 ml papawersaad
  • 250 ml suurroom
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180˚C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.

Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.

Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.

Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.

  • Charlotte

    Oh my goodness…..die koek moet ek beslis bak!

    Dankie Nataniel

  • Wilma Jacobs

    WOW – Dankie Nataniel, die koek is ‘n wenner~!!!!

  • Dollie

    gaan beslis die koek bak vir die naweek lyk heerlik
    Dankie Nataniel.

  • Christine

    Fantasties!! My vingers afgeet!!

  • Thea Cronje

    In een Kers-uitgawe van Sarie het Nataniel n eksoties nagereg gehad, individueel gemaak in Martini/Wyn glasies. Dit het begin met Sjokalade muffin onder in, dan erens bessies en n mengsel van suurlemoen en konsdensmelk, afgerond met Whispers bo-o. Dit is "devine", "orgasmic", maar het my resep verloor, help asb