sk1010designer1
Resepte

Suurlemoensmeer-kolwyntjies

(sowat 12 – 16 kolwyntjies)

  • 170 g (300 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 4 eiers, geskei
  • 10 ml suurlemoengeursel
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml kookwater

versiersel

  • 1 x roomkaasversiersel (versiersel)
  • 1 bottel (500 g) suurlemoensmeer

Verhit oond tot 180 ˚C. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits eiergele, geursel en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg olie en kookwater by terwyl jy klits. Vou droë bestanddele in. Klits dan eierwitte tot sagte punte vorm en vou in. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir
20 – 25 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Versier kolwyntjies met versiersel en skep suurlemoensmeer bo-op.