Resepte

Swahili-garnale

  • 45 ml / 3 eetlepels olyfolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 5 ml / 1 teelepel vars gemmer, fyngekap
  • 8 groot garnale
  • sout en peper na smaak
  • sap van 2 lemmetjies
  • 2 hande vol vars koljander, grof gekap
  • 30 ml / 2 eetlepels tamarynsmeer
  • 50 ml klappermelk
  • 3 tamaties, fyngekap

Braai ui, knoffel en gemmer in die olyfolie vir sowat 1 minuut. Voeg die garnale by, geur met sout en peper en voeg die lemmetjiesap en koljander by. Voeg nou die tamarynsmeer, klappermelk en tamaties by. Kook verder 3 – 5 minute, afhangend van hoe groot die garnale is.