Resepte

Swahili-sous met lamsvleis

  • 30 ml / 2 eetlepels sonneblomolie
  • 1 tak sitroengras (lemongrass)
  • 5 ml / 1 teelepel vars gemmer, fyngekap
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 2 klein uie, fyngekap
  • 2 rooi brandrissies, in skywe gesny
  • 3 hande vol vars koljander, gekap
  • 5 ml / 1 teelepel garam-masala
  • 5 ml / 1 teelepel borrie
  • 2 tamaties, fyngekap
  • 400 ml klappermelk
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 1 kg lamsvleis, in blokkies gesny (ek het ontbeende lamsboud gebruik)
  • olie om die vleis in te braai

Braai die lam in bietjie olie tot mooi bruin. Hou eenkant terwyl jy die sous maak. Gooi die 30 ml olie in groot pan en voeg al die bestanddele by behalwe die klappermelk. Kook vir 3-4 minute tot sag en voeg dan die klappermelk by. Kook verder vir 5 – 10 minute tot die sous verdik. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg die lam by en kook vir 45 minute tot die vleis lekker sag is. As dit te droog word, kan jy bietjie water byvoeg. En geniet!