Resepte

Swart pasta met créme fraîche en kaviaar

6 porsies

  • 250 g koekmeel
  • 250 g semolina
  • 5 eiers
  • inkvis-ink
  • 200 g gerookte salm
  • 100 g crème fraîche
  • 6 teelepels swart kaviaar

Meng die meel en semolina in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel van die mengsel en breek die eiers daarin. Werk die mengsel en eiers deur met jou hande. Voeg van die inkvis-ink by die deeg tot dit die gewenste swart kleur is. Knie die deeg tot elasties – dit duur sowat 10 minute. Maak toe met kleefplastiek en laat rus vir sowat 30 minute. Gebruik ’n pastamasjien of ’n koekroller om die pasta uit te rol. Sny die pasta in repe van sowat 3 cm en kook vir sowat 8 minute. Dreineer en sit onmiddellik voor met gerookte salm en crème fraîche. Skep ’n teelepel kaviaar bo-op.