pic_2
Resepte

SARIE KOOK! Tagine-styl hoender met geblikte-appelkose

 (4-6 porsies)

  • 3 peule ster-anys
  • 5 kardemompeule
  • 10 ml fyn kaneel
  • 20 ml vinkelsaad
  • 10 ml fyn koljander
  • 5 ml droë brandrissie
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 groot hoender
  • 1 x 400 g-blik kekerertjies
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • 1 x 410 g-blik KOO-appelkose
  • sout en varsgemaalde swartpeper

vir voorsit

  • 100 g gevlokte amandels
  • 2 koppies gaar koeskoes

Plaas speserye saam in ’n stamper en vysel en maak lekker fyn. Verhit olyfolie tot warm in middelslagpot of onderkant van tagine-pot. Gooi uie en knoffel by. Braai vir 5 minute of tot begin verbruin. Voeg speserymengsel by en braai vir 2 minute. Plaas hoender borskant na onder bo-op speserye en braai tot goudbruin. Draai om en braai weer vir paar minute tot goudbruin. Gooi kekerertjies, tamatie en appelkose by. Geur goed met sout en peper. Sit deksel op en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat kook 2 uur of tot hoender van been af val. Sit voor met amandels en koeskoes.

* Volg die resep stap vir stap soos op dié insetsel: