Resepte

Tagliatelle met gebakte eier

(6 porsies)

  • 6 eiers
  • 1 pak (500 g) tagliatelle
  • 250 ml room
  • klein stukkie botter, om die eiers in te bak
  • 100 g gerasperde Parmesaan-kaas
  • Sout en vars gemaalde swartpeper

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Verhit die room net tot kookpunt. Terwyl die pasta kook, bak 6 eiers in botter (sorg dat die eiergeel nog loperig is). Wanneer die pasta gaar is, gooi in vergiettes. Roer die warm room deur die pasta en voeg helfte van die gerasperde kaas by. Skep die pasta op elke bord en plaas ‘n gebakte eier bo-op. Sprinkel die res van die Parmesaankaas oor. Die idee is dat elkeen self die eier in repe sny sodat die eiergeel deur die pasta loop. Meng voor jy eet. Dis verbasend lekker!

Om te drink
Aangesien hier ‘n Italiaanse geurtjie is, sal ‘n Rosé ‘n wenner wees…
Asara bly bo. Monde vol prettige rooi wyn: Tassenberg en Slanghoek Pinotage is ‘n goeie keuse, veral saam met die pasta.