Resepte

Tamaryn- tuna

  • 6 tuna-steaks
  • 15 ml / 1 eetlepel tamarynsmeer
  • 1 ui, fyngekap
  • 15 ml / 1 eetlepel medium sterkte
  • kerriepoeier
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 10 ml / 2 teelepels tamatiepuree
  • 2 tamaties, fyngekap
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 600 ml klapperroom

Meng al die bestanddele. Plaas die tunasteaks een vir een in ’n groot stuk tinfoelie sodat jy dit kan toemaak soos ’n pakkie. Maak diep kepe in die vis en vou die kante van die foelie op sodat wanneer jy die sous opskep, dit nie sal uitloop nie. Skep sous bo-op en maak die foelie toe. Bak in oond van 180 ° C vir ongeveer ’n halfuur of sit die pakkies bo-op warm kole, ook vir ongeveer ’n halfuur.