Resepte

Tamatie-broodsop

(6 porsies)

  • 1 kg ryp rooi tamaties
  • 3 knoffelhuisies
  • 100 ml olyfolie (+ nog 120 ml olyfolie)
  • 1 ciabatta-brood – verkieslik ’n dag oud
  • 2 hande vars basiliekruid (geskeur)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Dompel al die tamaties in kookwater en laat staan vir 2 minute. Verwyder die skille en pitte. Braai die knoffel vir ’n paar minute in 100 ml olyfolie tot bruin. Voeg tamaties by en laat stadig kook vir 30 minute tot dik. Voeg 300 ml water by, geur met sout en swartpeper en bring weer tot kookpunt. Sny die broodkorsies af en breek in stukke. Voeg die broodstukke by die tamatie en wag totdat die brood die vloeistof geabsorbeer het. Voeg die 120 ml olyfolie by en dan die basiliekruid. Sprinkel nog ’n klein bietjie olyfolie oor.