sr1106kos_30min_1_
Resepte

Tamatie-en-basiliesop

(4 – 6 porsies)

  • 10 (500 g) tamaties, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 250 ml rooiwyn
  • 1 x 400 g-blik kersietamaties
  • 250 ml room
  • hand vol basiliekruid
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas tamaties op bakplaat en sprinkel knoffel en olyfolie oor. Sit in warm oond en rooster vir 10 minute.Verhit botter in ’n middelslag-pot. Voeg ui en geroosterde tamaties by. Braai liggies vir 5 minute.Voeg rooiwyn en blik tamaties by. Laat vinnig kook vir 10 minute. Voeg room en basilie by en bring tot kookpunt. Verwerk mengsel tot gladde puree in voedselverwerker.Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met brood.