sk07langtafels03
Resepte

Tamatie-en-droëvy-blatjang

  • 1 groot ui, in halfringe gesny
  • 250 ml witsuiker
  • 30 ml witwynasyn
  • 2 blikke geskilde en gekapte tamatie
  • 250 ml gekapte droëvye
  • 2 pere, geskil en in blokkies gesny

Plaas die uieringe, suiker en asyn in ‘n 2-liter-pot. Verhit tot kookpunt en laat kook tot die uie sag en die sous stroperig is – dit moet effens begin karamelliseer. Voeg die res van die bestanddele by, roer deur en kook vir sowat 40 minute tot dik. Kook langer as daar nog te veel vloeistof is. Roer gereeld. Verwyder van die hitte, laat afkoel en sit voor. Bêre in yskas of bottel in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.