sarie033rz
Resepte

Tamatie-en-fetakaas-gebak

4 porsies

  • 3 uie
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 groot rosa-tamaties
  • 400 g fetakaas
  • hand vol vars basilieblare, grofgebreek
  • 300 g kersietamaties aan die rank

Verhit oond tot 180 °C. Sny elke ui in 8 wiggies. Plaas in oondbak en gooi 30 ml olyfolie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai 30 minute. Sny groot rosa-tamaties in dik skywe en sit saam met ui-wiggies in oondbak. Pak fetakaas-sirkels ook in bak. Sprinkel basilieblare oor en plaas rank met tamaties bo-op. Sprinkel res van olyfolie oor en geur met varsgemaalde swartpeper. Plaas terug in oond en oondbraai nog 35 minute. Sit warm voor.

  • Nadine

    Lekker!

  • maryke schoonbee

    dit klink baie lekker ek gaan dit defnitief maak en weer kommentaar lewer

  • kate

    in english?