sk0912zip_zap03
Resepte

Tamatie-en-gemmer-blatjang

sowat 2 kg

  • 3 uie, in skywe gesny
  • 1 vinger vars gemmer, in dun skywe gesny
  • 50 g tamatiepasta
  • 350 g strooisuiker
  • 600 ml rooiwyn-asyn
  • 25 ml sout
  • 2 kaneelstokkies
  • 2,5 kg ryp tamaties, in kwarte gesny

Plaas uie in ’n groot kastrol en braai tot dit net begin sag word. Voeg gemmer, tamatiepasta, suiker, asyn, sout en kaneel by en bring tot kookpunt. Draai hitte af en voeg tamaties by. Kook tot sag. Syg mengsel deur en plaas sous terug in kastrol. Laat kook totdat ’n dik stroop vorm. Laat afkoel. Gooi tamatie-mengsel terug in sous. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Gebruik binne 3 dae.