FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Tamatie-en-olyf-focaccia

Dié happie het genoeg om die lyf om te sorg dat jou gaste se ergste hongerpyne gestil word.

genoeg vir 8

• 500 g-sakkie winkeldeeg
• 1 x 125 g-bakkie basiliepesto
• 300 g gemengde kersietamaties, gehalveer
• 100 g olywe, ontpit
• 2 takkies roosmaryn, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Spuit ’n groot bakplaat goed met kleefwerende kossproei. Plaas deeg op bakplaat en druk met jou hande plat tot sowat 1 cm dik – dit hoef nie ’n presiese vorm te wees nie. Smeer pesto op deeg. Pak tamaties en olywe bo-op. Sprinkel roosmaryn oor en geur goed met sout en peper. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in skywe en sit louwarm voor.