sr1012urban_5_
Resepte

Tamatie-en-ricotta-tertjies

(12 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 155 g botter
  • 5 ml sout
  • 30 ml koue water
  • 1 x 340 g-bottel uie-marmelade
  • 250 g ricotta-kaas
  • 100 g kersietamaties, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers
  • 125 ml room

Verhit oond tot 160 ˚C. Sit meel, botter en sout in ‘n voedselverwerker. Verwerk tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi water by en verwerk tot deeg bymekaarkom. Draai toe in kleefplastiek en sit in yskas tot yskoud. Rol uit tot sowat 3 mm dik en sny sirkels van sowat 15 cm groot uit. Spuit ‘n standaardgrootte muffinpan met 12 holtes met kleefwerende sproei en voer met die deeg uit. Sny deeg wat oorhang netjies met ‘n skerp mes af. Verdeel eers die uie-marmelade en dan die ricotta en gehalveerde tamaties tussen die tertjies. Geur goed met sout en swartpeper. Meng eier en room en verdeel tussen die tertjies. Sny sterpatrone uit die oorblywende deeg en plaas bo-op vulsel. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gestol.