sr1010kos_14_
Resepte

Tamatie, mozzarella en chorizo pizza

(4 – 6 porsies)

As jy nie lus het om individuele pizzas te maak nie, kan jy ook een grote maak. Bak dit dan net langer.

  • 1 x deeg vir kors (vinnige deeg vir kors)
  • meel vir uitrol
  • 1 x tamatie-smeersous (tamatie-smeersous)
  • 120 g vars mozzarella-balle (bocconcini), grofgebreek
  • 225 g chorizo-wors, in ringe gesny
  • 300 g kersietamaties, gehalveer
  • hand vol origanum-blare
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 ˚C. Verdeel deeg in 4 ewe groot balle. Sprinkel meel op werkoppervlak. Rol deeg met koekroller tot ronde vorms van sowat 5 mm dik met ‘n deursnee van 15 cm. Plaas op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende sproei en smeer tamatie-smeersous op elkeen. Verdeel mozzarella, chorizo en tamaties tussen pizzas. Sprinkel origanum oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.