Resepte

Tamatiesous

Tamatiesous hoeveelheid 1

  • 15 ml olyfolie
  • 1 klein ui
  • 2 blikke (400 g) gekapte tamaties
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 3 ml droë origanum
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Tamatiesous hoeveelheid 2

  • 30 ml olyfolie
  • 2 klein uie
  • 4 blikke (800g) gekapte tamaties
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 ml droë origanum
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook die tamaties baie fyn. Die maklikste is om die tamaties en uie eers in jou voedselverwerker fyn te kap. So nie, kap of sny die uie self baie fyn. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai uie tot sag en deurskynend, maar nie heeltemal bruin nie! Ek kap gewoonlik geblikte tamaties en knoffel ook in die voeselverwerker fyner. Voeg dan die tamaties by die gebraaide uie, meng goed en geur met origanum, sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat kook vir 1 uur oor lae hitte. Haal die deksel ná ’n uur af en laat verder oop prut vir nog 1 ½ uur. Die waterigheid van die tamaties moet heeltemal afkook. Skep uit in ’n bak en laat afkoel voor jy dit bo-op die pizza-deeg smeer.