sr1012urban_4_
Resepte

Tapas uit die deli

(12 porsies)

  • 285 g gemarineerde artisjokke
  • 300 g gemarineerde soetrissies
  • 4 wiele feta, in blokkies gesny
  • 400 g broodstokkies
  • 250 g patee van jou keuse
  • 1 x 300 g salm-en-avokadoterrien
  • 1 x 160 g-boksie melba-roosterbrood

Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm, die rook moet letterlik daaruit trek. Dreineer artisjokke en sit in warm pan. Braai vir sowat 2 minute aan ‘n kant of tot swart brandmerke vorm. Meng soetrissie en feta. Plaas broodstokkies in ‘n mooi glas en skep patee in bakkies. Verdeel artisjokke en gemarineerde soetrissie tussen nog bakkies. Haal terrien uit vorm en sit op ‘n mooi skinkbord saam met res van bakkies met tapas en melbaroosterbrood.